Tuesday 15 May 2018

Viskoekies



Nataniël se viskoekies
Bestanddele
500 g witvis, gevlok
1 knoffeltoontjie, fyngekap
½ koppie broodkrummels
skil van halwe suurlemoen, gerasper
1 eetlepel pietersielie, fyngekap
blare van 1 takkie tiemie
¼ teelepel neutmuskaat
¼ teelepel witpeper
seesout
1 eetlepel druiwepitolie
Metode
Meng al die bestanddele en geur liggies met sout.
Vorm ses viskoekies en druk effens plat.
Smeer 'n oondpan met botter, en bak die koekies vir 30 minute teen 180 grade.