Tuesday 15 May 2018

Bobotie vir diabete



Bobotie vir diabete
Bestanddele
10 ml olyfolie
1 middelslag ui, gekap
1 kg gemaalde maer beesvleis
5 ml gemaalde gemmer
15 ml matige kerriepoeier
7 ml borrie
1 ml witpeper
7 ml sout
60 ml diabetiese appelkooskonfyt
30 ml asyn
15 ml Worcestersous
2 dik snye bruinbrood, of 'n halwe koppie hawermout
4 lourierblare
2 eiers, geklits
125 ml laevetmelk

Metode
Verhit die oond tot 180 °C.
Roerbraai die ui tot deurskynend.
Voeg die maalvleis by, en roer tot dit verbruin.
Roer al die speserye, sout, konfyt, asyn en Worcestersous by.
Week die brood in water en druk die water uit. Krummel dit en voeg by vleismengsel. Of week die hawermout, dreineer, en voeg by.
Skep die vleismengsel in 'n gesmeerde oondbak.
Steek die lourierblare in die vleismengsel.
Klits die eiers en melk, en giet dit oor die vleis.
Bak vir 35 tot 40 minute tot die eiervla gestol is.
Sit warm voor saam met geel bruinrys, geelwortels en gekookte groenboontjies.