Tuesday 15 May 2018

Marmite-aartappels



Derrich se Marmite-aartappels
Bestanddele
aartappels, geskil en in halwes of kwarte gesny
2 groot houers dik room
2 - 3 eetlepels Marmite
Metode
Plaas die aartapels in 'n swaarboompot.
Voeg die room by, en laat dit kookpunt bereik.
Voeg die Marmite by sodra dit begin kook.
Laat dit kook tot al die vog verdamp het, en die aartappels in die oorblywende olie begin braai.
Draai die aartappels gereeld om sodat dit nie vasbrand nie.
Hou die deksel op om te voorkom dat die olie spat.
Onthou om die olie af te gooi nadat jy die aartappels uitgehaal het, en dan die pot uit te lek...