Tuesday 15 May 2018

Flatervrye Kaassoufflé



Anlie se flatervrye kaassoufflé
Bestanddele
2 eetlepels botter
2 eetlepels koekmeel
2 koppies lou melk
2½ ml sout
3 eiers, geskei
1½ koppie Cheddarkaas
Metode
Smelt die botter, en roer die koekmeel geleidelik by.
Voeg die melk by, en roer deurentyd tot dit dik word.
Voeg die kaas en sout by.
Verwyder van die hitte, voeg die eiergele by.
Klits die eierwit styf, en voeg dit by die mengsel.
Skep dit in soufflébakkies, en bak vir 45 minute teen 180 grade.