Wednesday 4 April 2018

WORTEL-EN-PYNAPPELSLAAI MET ‘N BYT



WORTEL-EN-PYNAPPELSLAAI MET ‘N BYT
Ideaal saam met kerrie en heerlik saam met braaivleis.

Genoeg vir: 4 – 6 as ‘n bykos
Bereidingstyd: 30 minute...
Gaarmaaktyd: 5 minute

• 30ml sonneblomolie
• 5ml swart mosterdsaadjies
• 10ml geel mosterdsaadjies
• 8 vars kerrieblare
• 350g wortels, geskil en in julienne-repies gesny
• 1 rooi-ui, fyngekap
• 5ml fyn komyn
• 5 – 10ml droë rissies (opsioneel)
• 2 pynappels, geskil en in repe gesny
• 60ml vars koljanderblare, gekap

1. Verhit die olie in ‘n groot braaipan. Voeg die mosterdsaadjies by en braai tot dit begin skiet. Gooi die kerrieblare by en roer goed.
2. Voeg die wortel, ui, komyn en rissie by en roerbraai vir 2 – 3 minute tot die wortel net-net gaar, maar nog bros is. Haal van die plaat af. Laat dit afkoel en voeg dan die pynappel en koljanderblare by. Geur met sout.