Thursday 5 April 2018

Gemmer-en-dadeltert



Gemmer-en-dadeltert
10-20 Porsies
Bestanddele
DEEG
500 ml (2 k) koekmeel
10 ml (2 t) bakpoeier
250 g botter
2 ekstragroot eiers, geklits
VULSEL
250 ml (1 k) bruinsuiker
200 g dadels, ontpit en gekap
10 ml (2 t) fyn gemmer
250 ml (1 k) water
250 ml (1 k) klapper
Metode
Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n groot oondvaste bak.
Deeg: Sif die koekmeel en bakpoeier saam in ’n mengbak. Vryf die botter by die droë bestanddele in tot dit soos broodkrummels lyk.
Voeg die geklitste eiers by die mengsel en meng deur. Knie die deeg tot dit glad is.
Plaas ’n derde van die deeg in ’n plastieksakkie in die yskas vir later.
Rol die res van die deeg op ’n meelbestrooide oppervlak uit en voer die bodem en kante van die voorbereide oondbak daarmee uit.
Vulsel: Meng die suiker, dadels, gemmer en water in ’n swaarboomkastrol en verhit tot kookpunt. Laat dit sowat 15 min. liggies kook en verwyder van die hitte. Roer die klapper goed deur die vulsel.
Skep die dadelvulsel in die oondbak en rasper die koue deeg oor.
Bak 45-50 min. en verwyder uit die oond. Laat die tert ’n bietjie afkoel en sny dit in blokkies. Plaas die blokkies op ’n draadrakkie om heeltemal af te ko