Thursday 5 April 2018

Beesvleisroerbraai met mangosous



Beesvleisroerbraai met mangosous
4-6 Porsies
Bestanddele
450-500 g saggemaakte biefstuk, in repies gesny
sout en vars gemaalde swartpeper
30 ml (2 e) mielieblom
45 ml (3 e) olie
* Roerbraaipakkie (haal uit plastieksakkie en laat ontdooi in ’n vergiettes)
** Mangosous (haal die vorige aand uit vrieskas en laat ontdooi in yskas)
VIR VOORSIT
400 g pad thai- noedels, gekook
’n hand vol vars grasuie, gekap

Metode
Geur die vleis met sout en peper; bestrooi met mielieblom. Verhit die olie in ’n wok of groot pan en braai die vleis in sarsies tot dit bruin is; verwyder en laat staan eenkant.
Plaas die groente in dieselfde pan; roerbraai sowat 3-5 min. Giet die sous daarby, skep weer die vleis in die pan en roerbraai nog 3-5 min.
Vir voorsit Roer die noedels deur en bestrooi met die grasuie.

Wenk
Die biefstukrepies kan maklik berei word saam met roerbraaipakkie #1 en die brandrissiesous.
Volg die resep soos dit is en ruil die groente en sous. Om meer porsies te kry, kombineer roerbraaipakkie #1 en #4 en verdubbel die bestanddele vir die mangosous.

*Roerbraai-pakkie
Rooi-ui, gehalveer en gesny
150 g groenbone, in drie dele gesny
1 elk rooi en geel soetrissie, in repies gesny
250 g broccoli met lang stingels, stingels gehalveer

**Mangosous (Lewer sowat 125 ml)
½ mango, geskil en in stukke gesny
1 suurlemoen se skil en sap
5 ml (1 t) olyfolie
15 ml (1 e) water
1 knoffelhuisie, gekneus
10 ml (2 t) rissievlokkie
45 ml (3 e) bruinsuiker
5 ml (1 t) Chinese vyfspeserye
Meng al die bestanddele in ’n menger; bêre in ’n plastieksakkie.