Monday 26 March 2018

Vanilla Sponskoek



Vanilla Sponskoek
2 koppies koekmeel
1.5 koppies witsuiker
4 groot eiers
1 koppie melk
40ml kookolie
2 teelepels bakpoeier
2 teelepels vanilla
Versiersel
Aarbei konfyt
Vars aarbeie
Styfgeklopte room/orley whipp
Versiersuiker
Voorverhit die oond op 180 grade.
Verhit melk en olie saam tot net onder kookpunt verwyder van hitte.
In 'n groot mengbak, gebruik 'n elektriese klitser, klits eiers en suiker saam vir 15 min op hoe spoed tot lig en romerig (dit is baie belangrik vir 'n ligte tekstuur).
Voeg nou koekmeel om die beurt bietjie vir bietjie by en meng goed deur tot 'n gladde beslag.
Gooi warm melk by, vou in tot 'n gladde beslag.
Voeg vanilla by en laaste bakpoeier, vou in liggies.
Gooi in twee gesmeerde panne en bak vir 25 - 30 minute.
As die koek goed afgekoel het versier.