Monday 26 March 2018

Lensiefrikkadelle met pesto-spaghetti



Lensiefrikkadelle met pesto-spaghetti
Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 15-20 min.
Verkoel: 30 min.
Gaarmaak: 15-20 min.
FRIKKADELLE
250 g beesmaalvleis
250 ml (1 k) bruinlensies, gekook, of 1 x 410 g-blik, gedreineer
1 ui, gerasper
2 wortels, geskil en gerasper
2 snye bruinbrood, korsies afgesny en in melk geweek
1 eier
sout en vars gemaalde peper
125 ml (½ k) meel
PESTO-SPAGHETTI
500 g spaghetti
15 g pietersielie
15 g roketblare
60 ml (¼ k) sonneblomsaad, gerooster
45-60 ml (3-4 e) suurlemoensap
125 ml (½ k) olyfolie
ekstra olyfolie
1. Frikkadelle
Meng al die bestanddele vir die frikkadelle behalwe die meel en geur met die sout
en peper. Verkoel minstens 15 min. Rol frikkadelle en verkoel nog 15 min.
2. Pesto-spaghetti
Kook die spaghetti tot al dente, dreineer en hou eenkant. Pols die res van die bestanddele
(buiten die ekstra olyfolie) saam in ’n voedselverwerker fyn. Meng die helfte van
die pesto deur die spaghetti saam met nog ’n goeie skeut olyfolie.
3. Rol die frikkadelle in die meel en braai in verhitte olie tot gaar.
4. Skep die spaghetti in ’n opdienbak, versprei die frikkadelle bo-op en drup die orige
pesto oor. Sit voor saam met parmesaankaas en baba-tamaties.
( Deur Huisgenoot Digitaal )