Monday 26 March 2018

Kerriehoender



Kerriehoender
1 hoender, in stukke gesny (ek gebruik sommer pakke met die stukke)
1 eetl meelblom
2 uie
2 e appelkooskonfyt of appelkoosblatjang of gewone bladjang
2 eetl vet of botter
2 na 3 wortels – grof gerasper of in blokkies gesny
2 eetl asyn
Sout en peper
1 eetl kerriepoeier
1 eetl suiker
1 bell pepper (rooi, geel en groen gemen
Spruituie (opsioneel)
Spinasie in stukke gekap (opsioneel)
Handvol rosyne (opsioneel)
½ k melk
Sit opsioneel blokkies aartappels by (pre-cook dit tot sag en voeg by)
Sny die hoender stukkend (ek gooi dit sommer in die stoompot vir so 15 min) haal uit en vlok. Andersins kook op die stoof tot gaar en vlok.
Verwarm die botter of vet in ʼn swaar kastrol. Sny die uie en peppers in skywe en braai hulle bruin in die botter of vet.
Voeg die stukke hoender, rosyne, wortels en aartappels (spinasie en spruituie) daarby en 2 kop tot 3 kop kookwater. Laat dit baie stadig stowe tot groente sag is
Meng die kerriepoeier, suiker, meelblom, appelkooskonfyt / bladjang, asyn en voeg ½ t sout by . Gooi dit oor die hoender in die kastrol en laat dit nog prut. Roer die melk by net voor dit opgedien word, en prut paar minute.