Thursday 29 March 2018

Flori se Pynappelpoeding



Flori se Pynappelpoeding

Bestanddele

1 pakkie Tennisbeskuitjies, fyngemaak
½ koppie botter, gesmelt
1 x 410 g blik fyngemaakte pynappel, gedreineer
250 g room, styf geklits
½ koppie suurlemoensap
1 blikkie kondensmelk
handvol neute, fyngemaak
Metode
Meng die fyngemaakte beskuitjies met die botter.
Stamp dit vas op die bodem van 'n glasbak.
Meng die res van die bestanddele, behalwe die neute.
Plaas die mengsel bo-op die kors.
Sprinkel neute oor.
Plaas in yskas vir 30 minute.