Wednesday, 13 December 2017
Pampoenvrugtekoek
Pampoenvrugtekoek
Maak 1 koek
Bestanddele
125 ml (½ k) geglasuurde kersies
1 000 ml (4 k) vrugtekoekmengsel
60 ml (¼ k) brandewyn
250 g sagte botter
185 ml (¾ k) strooisuiker
5 ml (1 t) vanielje
2 groot eiers
2 50 ml (1 k) fyngekookte botterskorsie
500 ml (2 k) bruismeel
1,25 ml (¼ t) sout
brandewyn vir sprinkel
Metode
Verhit oond tot 150ºC en voer ’n 22 cmkoekpan met drie lae waspapier uit.
1.Halveer kersies en meng met vrugtekoekmengsel en brandewyn.
2.Room botter, suiker en vanielje tot liggeel en voeg eiers een vir een by.
3.Voeg botterskorsie by bottermengsel en meng goed.
4.Sif bruismeel en sout en meng met vrugtekoekmengsel.
5.Meng bottermengsel met vrugtekoekmengsel.
6.Skep deeg in pan en maak gelyk met paletmes.
7.Bak op onderste rak van oond vir 90 minute of tot gaar.
8.Verwyder uit oond en laat afkoel.
9.Verwyder waspapier en sprinkel met brandewyn.
10.Bêre in lugdigte houer om ryp te raak, sprinkel gereeld met brandewyn.