Wednesday 13 December 2017

ONTBYT DRANKIE



ONTBYT DRANKIE
3-4 piesangs
1 blik (410 g) mango’s óf koejawels, gedreineer
250 ml natuurlike jogurt
Sowat 100 ml melk
250 ml muesli
Handvol kruisementblare
METODE:
Plaas die piesangs, mango’s óf koejawels, jogurt en melk in ’n voedselverwerker óf versapper en pols die drankie tot fyn. Deel die muesli tussen 4-6 glase en giet die drankie bo-oor die muesli.
Garneer met kruisementblare en sit voor.