Wednesday 13 December 2017

Joghurt-Room



Joghurt-Room
15ml gelatien
30ml water
375ml melk
375ml Griekse joghurt
125ml strooisuiker
sap en skil van 2 lemmetjies
80g framboosjellie (poeier)
125g vars frambose
Sprinkel gelatien op water en laat staan tot sponsagtig. Plaas melk, jogurt, suiker, sap en skil van lemetjie in 'n middelslap pot. Bring tot kookpunt terwyl jy die heeltyd met 'n draadklitser roer. Verwyder van die hitte en roer die gelatien by. Roer tot gladde mengsel. Verdeel mengsel tussen 6 houers van jou keuse.
Plaas vir 3 - 4 uur in yskas om te stol. Maak jellie aan volgens aanwysings op die boksie en laat afkoel tot net voordat dit stol. Verdeel tusen die houers waarin die jogurt is. Pak frambose bo-op en laat stol in yskas vir 'n verdere 2 ure.