Wednesday 13 December 2017

Gerookte Ham vir Kersfees



Gerookte Ham vir Kersfees
Bestanddele
1 heel gerookte Ham (2-3kg)
2 liter groente-aftreksel
1 bier (cider)
Heuning vir bedruiping
Vars (of geblikte) pynappelringe
Geglasuurde kersies
Vars bloubessies
Metode
1. Bereken die kooktyd vir die ham duer 45 minute per kilogram toe te laat.
2. Voeg die bier by die groente-aftreksel en plaas dit in ‘n groot pot. Voeg die ham by en bring tot kookpunt. Prut vir die berekende tyd. Jy mag dalk vloeistof moet byvoeg tydens die proses.
3. Toets die ham met ‘n toetspen. Dit moet ferm voel, maar die rubberig nie. Die binne-temperatuur van die ham moet ten minste 56-70°C bereik.
4. Laat die ham afkoel en sny ‘n diamantpatroon op die vel.
5. Bedruip met heuning en verbruin onder die rooster.
6. Versier die ham met pynappel ringe deur dit met tandestokkies vas te heg.
7. Verbruin verder onder die rooster totdat die pynapple lig verkleur.
8. Versier verder met die kersies en vars bloubessies.