Wednesday 6 December 2017



JELLIE KOEK
5 verskillende soorte jellie aangmaak met net die helfte van die water. Laat stol. Sny in blokkies en plaas in ringvorm (tupperware) wat liggies met “spray n cook” gespuit is sodat dit maklik kan uitkom. Los 24g gelatine op in 250ml lou warm water.
In n menger
klits 300ml kondensmelk
en 300ml dubbel room
en 15ml vanilla.
Meng die water en gelatine by. Giet die room mengel oor die jellie blokkies en laat stol. Om te bedien, keer uit op n bord .