Wednesday 6 December 2017



GRIEKSE SKAAPBOUD
• 1 x 1,5 kg ontbeende, gevlekte skaapboud
• ¼ koppie olyfolie
• ¼ koppie vars suurlemoensap (verkieslik nie gebottelde suurlemoensap nie)
• 1 teelepel gedroogde roosmaryn
• 1 knoffeltoontjie, gekneus (as jy van baie knoffel hou, kan jy meer bysit)
• sout en peper na smaak

   Metode
• Sit die skaapboud in ’n plastiekbak met ’n deksel in die kampyskas.Marineer dit oornag in die bestanddele hierbo genoem (behalwe die sout en peper) en draai die boud een maal om. Sit die vleis op ’n rooster en braai dit oor lae hitte vir ongeveer twee uur of tot dit gaar genoeg is volgens jou smaak.Sprinkel sout en peper oor en sit voor met die volgende jogurtsous
• Vleis sny makliker in skywe as jy dit vir sowat 10 minute laat “rus” voordat jy dit sny.


Jogurtsous
• 2 eetlepels botter
• 4 eetlepels koekmeel
• 1 x 150 ml houer gewone jogurt [ek sal Room gebruik]
• 1 x 500 ml houer karringmelk (2 koppies)
• 1 teelepel droë pietersielie
• 2 teelepels droë grasuie
• ¼ teelepel sout
• ¼ teelepel peper
• Smelt die botter oor lae hitte in ’n kastrol en roer die meel by.Roer dit vinnig totdat die klonte opgelos is en voeg die res van die bestanddele by.Laat dit vir ’n minuut of twee saggies prut (die jogurt sal skif as daar te veel hitte is) en sit voor saam met die vleis