Wednesday 13 December 2017

Fantastiese wortelkoekies gemaak met Brutal Fruit



Fantastiese wortelkoekies gemaak met Brutal Fruit
Bestanddele
285g botter by kamertemperatuur
285g bruinsuiker
5 groot eiers (geskei, by kamertemperatuur)
100ml Brutal Fruit – Perskegeur
170g bruismeel
1 teel bakpoeier
115g rou amandels
115g grondboontjies (grofgekap)
1 teel kaneel
knippie naeltjies
knippie neutmuskaat
½ teel gemaalde gemmer
285g grofgerasperde wortels
Knippie sout
Bestanddele vir die versiersel
115g Mascarpone kaas
225g Roomkaas
85g Versiersuiker
100ml Brutal Fruit – perskegeur
Metode vir die koek
1. Voorverhit die oond tot 180°C.
2. Verroom die botter en bruinsuiker. Voeg die eiergele een vir een by en klits goed na elke byvoeging. Voeg daarna die Brutal Fruit by en meng goed.
3. Vou die gesifte meel en bakpoeier in die mengsel in. Voeg die amandels, grondboontjies, speserye en gerasperde wortels by. Meng goed.
4. Klits die eierwitte styf en vou versigtig in die deegmensel in.
5. Smeer twee muffinpanne of voer uit met kolwyntjiepapier. Skep die holtes ¾ vol met die deegmensel.
6. Bak vir 20 minute of tot goudbruin
Metode vir die versiersel
1. Meng al die bestanddele en smeer mildelik op die afgekoelde wortelkoekies.
2. Besprinkel met gekapte amandels.