Wednesday 22 November 2017

Tuna-en-suikermielierolletjies




Tuna-en-suikermielierolletjies

Bestanddele
170 g tuna, gevlok
385 g heelpitsuikermielies, gedreineer...
1 sprietui, in dun skyfies gesny
½ blik (190 g) Nestlé Ideal Unsweetened Evaporated Milk
sout en peper
1 rol blaardeeg
1 eier, geklits


Resep Aanwysings
1.Voorverhit die oond tot 180 °C.
2.Meng die tuna, mielies en sprietui. Voeg die ingedampte melk by en geur met sout en peper. Meng die bestanddele tot ’n stywe konsistensie.
3.Rol die blaardeeg uit en sny in ses kleiner reghoeke.
4.Plaas ’n skeppie van die tunamengsel op die helfte van elke reghoek, verf die rande met van die geklitste eier en rol dit in worsies op.
5.Plaas die rolletjies op ’n bakplaat, verf met die orige geklitste eier en bak dit vir 15 tot 20 minute tot goudbruin. Sit warm voor.