Wednesday 22 November 2017

Vinnige Ontbyt Idee



Vinnige Ontbyt Idee
Bestandele:
2 snye brood (wit of bruin)
5ml botter
5 ml chutney
2 snye ham
1 tamatie (in skywe gesny)
1 klein ui (in ringe gesny)
1 eier (gaar gemaak as roereier)
¼ koppie kaas
Metode:
Neem 2 snytjies brood, smeer botter en chutney op. Plaas ham, tamatie, uie en roereier bo-op. Strooi die kaas bo-oor. Plaas oop op’n oondpan en rooster vir 4-5 minute.
Wenk: Die hoeveeldhede kan vermeerder word na smaak. Spek kan die ham vervang en sprietuie kan fyn gekap word en bo-oor gestrooi word voor bediening.