Wednesday, 22 November 2017

Mosterdsuurtjies



Mosterdsuurtjies
500 g sampioene
500 g blomkool
500 g dwerguitjies
500 g baby marrows
250 ml water
50 gr maizena
2 liter wit asyn
200 gr wit suiker
100 ml appelkoosjam
20 ml mostertpoeier
15 ml kerriepoeier
10 ml borrie
5 ml sout
Vee sampioene skoon en halveer. Sny blomkool in stukkies skil uitjies sny baby marrows in skyfies. Meng groente en kook in water tot amper gaar maar nog ferm. Dreineer en skep in flesse. Vul die vloeistof aan tot 250 ml en maak maizena daarmee aan. Verhit res van bestanddele saam tot kookpunt. Roer aangemaakte maizena by en prut 5 minute gooi oor die groente en seël dadelik baie baie lekker.�. ek het al die groente afgewissel as ek net sekere groente nie het nie.

No comments:

Post a Comment