Friday 3 November 2017

Hollandse botterkoek/brosbrood



Hollandse botterkoek/brosbrood
Bestanddele
500 g botter
500 g strooisuiker
500 g meel
1 teelepel vanieljegeursel
1 eier, geklits
Metode
Sif die meel en strooisuiker saam.
Meng dit met die botter.
Voeg die vanieljegeursel by.
Die beslag is droog en swaar.
Deel die beslag in twee.
Smeer die eier bo-oor.
Bak in twee koekpanne teen 180 grade vir 25 minute.
Sny in kwarte terwyl dit warm is.