Friday 3 November 2017

Aartappelslaai



Aartappelslaai
Bestanddele
6 groot aartappels, gaar en in blokkies gesny
mayonnaise
1 eetlepel kondensmelk
handvol vars pietersielie, opgekap
1 ui, gekap
handvol preie, gekap
½ pakkie spek, gesnipper
2 knoffeltoontjies
Metode
Braai die ui en preie tot deurskynend, en hou eenkant.
Braai die spek tot bros, en hou eenkant.
Voeg die pietersielie in die pan by die warm olie wat oorgebly het van die spek, en braai kortliks.
Voeg alles by die aartappels saam met die mayonnaise en kondensmelk.