Friday 3 November 2017

AARBEI VERRASSING



AARBEI VERRASSING
1 verkoelde blikkie Ideal melk (Evaporated milk)
1 verkoelde blikkie kondensmelk
Sap van n halwe suurlemoen
2 pakkies aarbeijellie
1 t gelatien
500g vars aarbeie
METODE:
Bespuit ‘n jelliering/vorm liggies met Spray ‘n Cook.
Maak aarbeijellie en gelatien aan met slegs ½ koppie kookwater en 1 k yswater. Laat afkoel.
Klits Idealmelk en suurlemoensap tot dik en skuimerig.
Klits verkoelde jelliemengsel en kondensmelk by.
Pak vars skoongewaste aarbeie onder in jelliering en gooi mengsel bo-oor.
Laat stol in yskas en keer om.
Bedien met roomys of room.