Wednesday 22 November 2017

Glutenvrye Aartappel en Kaas Muffins



Glutenvrye Aartappel en Kaas Muffins
Bestanddele:
– 1 koppie aartappelmeel
– ½ koppie rysmeel
– 1 eetlepel suiker of xylitol
– 15ml bakpoeier
– ½ teelepel sout
– Knippie paprika
– 2/3 koppie gerasperde kaas
– 2 eiers, geklits
– 75ml olie
– 100ml melk
Metode:
1. Sif die meel, suiker, bakpoeier, sout en paprika saam.
2. Roer die kaas deur die meelmengsel.
3. Klits die melk, eiers en olie saam en roer by die kaas-en-meelmengsel
4. Skep in gesmeerde muffinpannetjies en bak vir ‘n halfuur by 180 grade Celsius of tot goudbruin.