Wednesday 22 November 2017

VINNIGE KARRINGMELK & MUESLI BESKUIT



VINNIGE KARRINGMELK & MUESLI BESKUIT
Hierdie is genoeg deeg vir twee panne van elk 370 x 270 x 60 mm – binne mate
10 kop koekmeel – kan 2 van hulle vervang met muesli* OF 1 nutty wheat en 1 all bran flakes
1 kop sonneblom sade – kan weggelaat word indien verkies
1 kop pampoen pitte (rou) – kan weggelaat word indien verkies
4 kop karringmelk – ek gebruik 3 kop melk en 1 kop witasyn (goedkoper as karringmelk!)
5 ml sout
8 tl bakpoeier
2 kop suiker
5 eiers geklits met ‘n vurk
500 g margarien – ek gebruik Stork for Baking
20ml vanilla geursel
Sif meel en bakpoeier saam.
Voeg res van droe bestandele by en meng goed.
Smelt margarine.
Voeg margarien, eiers, vanilla en karringmelk by droee bestandele en meng goed.
Gooi deeg in gesmeerde panne en bak by 180C vir ‘n uur.
Laat afkoel en sny in vingers.
Droog oornag uit by ongeveer 60 grade C.
Ek gebruik die muesli met kasjoe neute in “Nature’s Source Crunch Nutzy” die pers pak.
Wenk:
Ek sny met ‘n elektriese mes wanneer heeltemal afgekoel, dit maak minder krummels as om met broodmes te sny.
Jy kan bietjie rondspeel met die bestandele, jy kan bv gedroogde klapper bysit of rosyntjies, cranberries, pistachio neute ens