Thursday 9 November 2017

EIER BROODJIE ROLLETJIES



EIER BROODJIE ROLLETJIES
Jy benodig:
8 Snye wit brood
1 pakkie spek, opgekap
1 koppie gerasperde kaas
2 eiers, geklits
30ml melk
Olie vir vlakbraai
Nou maak jy so:
Rol die snye brood bietjie plat met ‘n koekroller of ronde voorwerp en sny korsies af.
Strooi ‘n bietjie kaas bo-op die broodjie
Gooi ‘n paar stukkies spek oor die kaas.
Rol die broodjie so styf moontlik op
Meng die melk en eiers goed saam. Sout en peper na smaak.
Rol nou die opgerolde broodjie in die eier mengsel
Braai in vlak olie in die pan tot goudbruin aan al die kante.