Friday 20 October 2017

Wors-kebabs



Wors-kebabs
Bestanddele:
8 sosatiestokkies
500 g klaargemaakte brooddeeg...
500 g dun boerewors
1 eier, geklits


Metode:
Vorm die deeg in ’n bal, smeer met olie en plaas in ’n mengbak. Bedek die bak met kleefplastiek en laat die deeg vir 20 tot 30 minute op ’n warm plek rus totdat dit in grootte verdubbel.
Week die sosatiestokkies vooraf in water.
Sny die boerewors in lengtes van 10–12 cm en stoom dit vir ’n paar minute sonder om die wors deurgaar te maak.
Laat die snitte boerewors effens afkoel en ryg dit versigtig op die geweekte sosatiestokkies.
Voorverhit die oond tot 180 °C en bespuit ’n bakplaat met kossproei.
Knie die deeg af en vorm ’n reghoek op ’n meelbestrooide oppervlak.
Sny die deeg in lang repe. Vou ’n deeg-reep om elke stuk wors en druk dit effens vas om te verhoed dat dit loskom.
Rangskik die kebabs op die voorbereide bakplaat en verf van die geklitste eier oor elkeen.
Bak nou die kebabs vir ongeveer 30 minute tot goudbruin en gaar. Geniet dit!