Friday, 20 October 2017

Mediterreense speseryburgers



Mediterreense speseryburgers
Meng 450 g maalvleis (lam of bees); ½ k vars koljander, fyngekap; 2 knoffelhuisies, fyngedruk; en 1 t fyn koljander liggies saam. Vorm 4 patties (sowat 1 cm dik) en besprinkel met ½ t sout.
Braai dit oor matige tot warm kole vir 8 tot 10 minute (vir halfgaar) en draai dit halfpad deur die braaityd om.
...
Roer 1 t kerriepoeier by ⅓ k tamatiesous in. Sit die patties op 4 geroosterde broodrolletjies saam met die kerrietamatiesous voor. Garneer met 2 e gekrummelde feta; 1 klein rooi-ui, in skyfies gesny en gebraai; en koljanderblare, as jy wil.