Wednesday 18 October 2017

Vinnige Visvingergebak



Vinnige Visvingergebak

Die onderstaande resep is genoeg vir 4 mense
.
Bestanddele:...
1x 400g boksie visvingers
1 blikkie tamatie- en uiemengsel
1x 60g pakkie bruinuiesop
1x 250ml room
2-3 handevol gerasperde kaas
Metode:
Pak die gevriesde visvingers in rye oop langs mekaar onder in ‘n oondvaste glasbak of pan.
Giet en versprei die blikkie tamatie- en uiemengsel bo-oor die visvingers.
Meng die soppoeier en room saam in ‘n beker tot goed deur gemeng en alle klonte verwyder is, en gooi dan bo-oor die visvingermengsel.
Skud die mengbak liggies sodat die vloeistof in al die gleufies kan inloop en ook sodat alle lugborrels kan ontsnap.
Bak teen 180ºC op die middelste oondrak tot die roommengsel heeltemal verdik en egalig bruin bo-op is. Dit neem omtrent so tussen 20 en 30 minute afhangende van jou oond.
Bedek dan met gerasperde kaas en rooster dan vir ‘n verdere paar minute tot bruin.