Friday 20 October 2017

Gebraaide worsies met ’n keuse van bolae



Gebraaide worsies met ’n keuse van bolae
Bestanddele
8 Toulouse- of soortgelyke worsies, frankfurters of bratwurst wat deeglik gaargemaak is
8 panini’s of worsbroodjierolletjies
’n keuse van geroosterde soetrissies en uie, rooisoetrissiepiekel en kits-sauerkraut

Aanwysings
1.Stel die oond se roosterelement op matige hitte of pak die braaivleisvuur.
2.Rooster of braai die worsies vir 15 minute of totdat dit verbruin en deurgaar is. Draai dit af en toe om. (Rooster bratwurst vir 10 minute.)
3.Rooster die panini vir 1 tot 2 minute. Sit die worsies in die broodjies voor met ’n keuse van bolae.

GEROOSTERDE SOETRISSIES EN UIE
1.Stel die oond se roosterelement op matige hitte of pak die braaivleisvuur.
2.Meng 680 g soetrissies (rooi, oranje en geel), in dun repies gesny; 1 middelslag-ui, in dun skyfies gesny; 2 e balsamiese asyn; 1 t ekstrasuiwer olyfolie; 1 t suiker; ¼ t gedroogde origanum en ’n knippie sout en peper saam in ’n groot mengbak.
3.Skep dit uit op ’n groot stuk foelie wat met kleefwerende kossproei gespuit is. Vou die foelie se punte rondom die mengsel en maak seker dit seël dig. Rooster vir 20 minute of tot sag.

KITS-SAUERKRAUT
1.Meng 8 k baie dun gekerfde kool; 1 Granny Smith-appel, in vuurhoutjierepies gesny; ⅓ k rysasyn; 1 t vissous; ½ t karwysaad en 1 t sout saam in ’n groot mengbak.
2.Laat staan vir 3 uur; roer af en toe. Dit kan bedek in die yskas vir tot 3 dae gehou word.

ROOISOETRISSIEPIEKEL
1.Kook ½ k rooiwynasyn en ¼ k suiker saam in ’n middelslag-kastrol.
2.Voeg 2 fyngekapte rooi soetrissies, ½ k fyngekapte salotte, 1 t mosterdsaadjies en ¼ t sout by.
3.Laat prut vir 20 minute of totdat die rissies sag is. Laat koel af. Hou bedek in die yskas vir tot 3 dae.