Wednesday 18 October 2017

GOEDKOOP SJOKOLADEBALLETJIES



GOEDKOOP SJOKOLADEBALLETJIES

LEWER 30-35 BALLETJIES
Bereiding: 15 minute
Verkoeltyd: 10 minute...

1 pak (200 g) Tennisbeskuitjies
250 ml (1 k) versiersuiker
125 ml (½ k) kakao
125 g botter, gesmelt
5 ml (1 t) vanieljegeursel
125 ml (½ k) fyn appelkooskonfyt
klapper om in te rol

METODE
Maak die beskuitjies fyn in ’n voedselverwerker of rol fyn met ’n koekroller.
Plaas in ’n groot mengbak en sif die versiersuiker en kakao by.
Voeg die botter, vanieljegeursel en appelkooskonfyt by en meng baie goed.
Rol in bolletjies en rol die bolletjies in klapper. Verkoel tot stewig.