Wednesday 18 October 2017

SUULEMOEN SKUIMTERTJIES



SUULEMOEN SKUIMTERTJIES
Lewer 12
Bereiding: 5 minute
Gaarmaaktyd: 10 minute
1 blik (382 g) kondensmelk
4 eiers, geskei
skil en sap van 2 suurlemoene
250 ml (1 k) suiker
’n knippie kremetart
12 soet tertdoppies, gebak
METODE:
Voorverhit die oond tot 180 °C
Klits die kondensmelk, eiergele, suurlemoenskil en sap in ’n bak tot alles goed gemeng is.
Klits die eierwitte in ’n aparte bak tot skuimerig en klits dan die suiker ’n lepel vol op ’n slag in.
Klits die kremetart saam met die laaste lepel vol in.
Skep die suurlemoenkondensmelk in die tertdoppies tot amper vol.
Skep of druk die skuim bo-oor. Bak 10 minute in die oond of tot goudkleurig bo-op.

SOET DOPPIES
250 botter
125 ml witsuiker
2 eiers
750 ml koekmeel
5 ml bakpoeier
2 ml sout
Metode:
Verroom botter en suiker saam.
Voeg eiers by en meng.
Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam en meng dit met eiermengsel om deeg te vorm.
Bedek die deeg en laat dit rukkie in die koelkas rus.
Rol deeg 3 mm dik uit op meelbestrooide plank.
Druk sirkels van 6 cm in deursnee uit met drukker, lig sirkels met slaplemmes op en plaas dit in tertdoppiepannetjies wat gespuit is met kleefwerende kossproei.
Bak die doppies 10 min. in voor verhitte oond by 200 *C.
Haal die doppies versigtig uit die panne en laat hulle op ‘n draadrak afkoel.
Bewaar hulle in ‘n digte houer tot nodig.
Lewer ongeveer 90 tertdoppies