Wednesday 18 October 2017

MELKTERTJIES



MELKTERTJIES
SOET DOPPIES
250 botter
125 ml witsuiker
2 eiers...
750 ml koekmeel
5 ml bakpoeier
2 ml sout

Metode:
Verroom botter en suiker saam.
Voeg eiers by en meng.
Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam en meng dit met eiermengsel om deeg te vorm.
Bedek die deeg en laat dit rukkie in die koelkas rus.
Rol deeg 3 mm dik uit op meelbestrooide plank.
Druk sirkels van 6 cm in deursnee uit met drukker, lig sirkels met slaplemmes op en plaas dit in tertdoppiepannetjies wat gespuit is met kleefwerende kossproei.
Bak die doppies 10 min. in voor verhitte oond by 200 *C.
Haal die doppies versigtig uit die panne en laat hulle op ‘n draadrak afkoel.
Bewaar hulle in ‘n digte houer tot nodig.
Lewer ongeveer 90 tertdoppies.
MELKTERT-VULSEL
500ml melk
125 ml witsuiker
60 ml botter
2 ml sout
30 ml koekmeel
30 ml mielieblom
2 eiers
Kaneel
Metode
Kook melk, witsuiker, botter en sout saam in groterige kastrol.
Maak die koekmeel en mielieblom met bietjie koue water aan tot pasta.
Skei eiers.
Klits die eiergele en pasta saam en roer dit dan vining met draadklopper by die melkmengsel.
Roerkook die mengsel oor lae hitte tot dik.
Klits die eierwitte tot styf, maar nie droog nie, en vou dit by die melkpap in.
Skep die vulsel in gaar doppies en strooi kaneel oor.