Wednesday 18 October 2017

SOET KERRIEMAALVLEIS



SOET KERRIEMAALVLEIS
•500 g maalvleis
•15 ml olyfolie
•vleisspeserye, sout en peper
•15 ml borrie
•15 ml matige kerriepoeier
•’n opgehoopte lepel elk appelkooskonfyt en blatjang
•’n skoot asyn
Braai die vleis in 15 ml olie tot bruin. Voeg die vleisspeserye, sout en peper by, gevolg deur die res van die bestanddele. Voeg sowat 200 ml warm water by en laat prut stadig vir sowat 30 minute tot geurig en gaar.
** Gooi 'n pakkie gemengde / gevriesde groente by.