Wednesday 18 October 2017

HERTZOGGIES



HERTZOGGIES
Maak: 24
Bereidingstyd: 30 minute
Baktyd: 10-15 minute
Oondtemperatuur: 200 °C...
65 g koue botter, in blokkies gesny
250 g koekmeel
2 eiers, geskei
omtrent 60 ml gladde appelkooskonfyt
125 ml suiker
250 ml droë klapper
METODE:
Vryf die botter in die meel in tot die mengsel soos broodkrummels lyk. Roer ’n knippie sout by.
Klits die eiergele en 30 ml water met ’n vurk en voeg dit by die meelmengsel. Voeg nog bietjies water by tot die mengsel saamkom en ’n deeg vorm. Meng goed.
Breek stukkies van die deeg af en druk dit in die holtes van ’n gesmeerde vlak kolwyntjiepan. Skep omtrent 2,5 ml konfyt in elke
deegdoppie.
Klits die eierwitte styf. Voeg die suiker bietjies-bietjies by en klits goed ná elkeen. Roer die klapper by.
Skep die klappermengsel op die konfyt in die deegdoppies. Bak die koekies vir 10-15 minute in die verhitte oond, of tot die bolaag liggies
goudbruin is. Laat dit vir drie minute afkoel voor jy dit uit die kolwyntjieholtes lig en op ’n draadrak laat afkoel.