Thursday 21 September 2017

Tandoori-hoenderboudjies



Tandoori-hoenderboudjies
Genoeg vir: 6–8 porsies
• 8 hoenderboudjies
...
Marinade
• 200ml ongegeurde jogurt
• 5ml elk fyn koljander, borrie, kardemom en paprika
• 10ml garam-masala
• 2 vet knoffelhuisies, gekneus
• 1 duim vars gemmer, gerasper
• sout en varsgemaalde swartpeper
So maak jy:
1 Sny die hoenderboudjies met ’n skerp mes deur die vel so effens in die vleis in sodat die marinade goed kan intrek.
2 Meng al die marinadebestanddele in ’n mengbak. Giet dit oor die hoender- boudjies, bedek en marineer vir sowat 1–2 uur of oornag.
3 Braai die hoender oor matige kole of in ’n voorbereide braaiketel tot goudbruin en gaar terwyl jy dit elke nou en dan met die marinade verf. Sit dit voor met mango- atjarsalsa.

Mango-atjarsalsa
Meng 1 bottel (410 g) mango-atjar met een blik (400 g) klappermelk en geur met vars koljanderblare, geroosterde klapper en grondbone.
(Tuis)