Friday 22 September 2017

Oosterse varkribbetjie



Oosterse varkribbetjie
Genoeg vir: 4–6 porsies
• 1 varkribbetjie van sowat 1,5 kg
...
Marinade
• 1 duim vars gemmer, gerasper
• 3 knoffelhuisies, fyngekap
• 1–2 rooi brandrissies, ontpit en fyngekap
• 5 ml fyn kaneel
• 5ml vyfspeserypoeier
• 125ml heuning
• 125ml sojasous
• 30ml sagte bruinsuiker
• 30ml sesamolie
• sap van 2 suurlemoene
1 Meng die marinadebestanddele. Plaas die varkribbetjie in ’n bak en giet die marinade oor. Laat dit vir ’n paar uur, maar verkieslik oornag, in die yskas staan.
2 Braai die ribbetjie oor matige kole vir 45–60 minute tot gaar en sag terwyl jy nou en dan nog marinade aanverf.
3 Sny in porsies tussen die ribbetjies, verf weer marinade aan en …
4 braai die ribbetjies vinnig oor die kole tot bros oraloor. Garneer met suurlemoenskyfies en sit voor.
WENK Bykos wat jy met die hand kan eet, soos mielies, werk goed saam met ribbetjie.
(Tuis)