Thursday 21 September 2017

Gemarineerde lamstjoppies met kruie en rissie



Gemarineerde lamstjoppies met kruie en rissie
Genoeg vir: 6 porsies
Bestanddele:
• 12 lam- of skaaptjops...
• 15 ml vars roosmaryn, gekap
• 30 ml vars pietersielie, gekap
• 15 ml vars tiemie, gekap

• 30 ml droë rissievlokkies
• 2 knoffelhuisies
• 30 ml koljandersaad, gerooster
• sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
• gerasperde skil en sap van 1 suurlemoen
• olyfolie
1 Plaas die tjops in ’n nie-metaalagtige bak geskik vir marinering. Die tjops moet verkieslik langs mekaar in die bak lê.

2 Gebruik ’n stamper en vysel en maak die roosmaryn, pietersielie, tiemie, rissievlokkies, knoffelhuisies, koljandersaad, sout en peper fyn. As jy nie ’n stamper en vysel het nie, kan jy ’n staafmenger gebruik en dit pols tot growwerig – dit moenie ’n puree wees nie. Voeg die suurlemoenskil en -sap en net genoeg olyfolie by om dit smeerbaar te kry, en vryf dit oor die tjops. Laat staan vir minstens 30 minute om te marineer.

3 Rooster die tjops oor matige kole tot so gaar soos jy verkies.
(Tuis)