Tuesday 26 September 2017

Spek en Sampioenontbyt



Spek en Sampioenontbyt
Bestanddele
40 g spek in blokkies gesny; ...
2 snye brood;
40 g mozzarellakaas;

100 g gesnyde sampioene;
10 ml room
25 ml melk.

Metode
Jy maak eers ‘n Fransie roosterbroodjie: Klits eiers en melk saam tot dit goed gemeng is. Doop die snye brood mildelik in die eiermengsel en braai in ‘n pan met 10 ml botter tot mooi goudbruin aan beide kante, plaas eenkant.

Vulsel
Braai die spek en sampioene in dieselfde pan, geur na smaak met sout en peper. Voeg die kaas en room by die sampioene. Skep nou die vulsel op die Franse roosterbroodjie(s) en plaas die tweede sny bo-op. Sny deur en bedien warm.