Tuesday 26 September 2017

Gebakte ontbyt



Gebakte ontbyt
Porsies: 6 - 8
Bestanddele
2 teelepels (10 ml) olie
250 g varkworsies, uit die omhulsel gehaal
2 koppies (500 ml) preie, fyn gekap
1 eetlepel (15 ml)vars tiemie, fyn gekap
4 knoffel, fyn gekap
4½ koppies (1,125 liter) melk
1½ koppies (375 ml) polenta
¼ teelepel (1.25 ml) sout
1 koppie (250 ml) Cheddarkaas, gerasper
½ koppie (125 ml) Parmesaankaas, gerasper
brandsous na smaak
4 eiers, liggies geklits
Metode
Voorverhit oond tot 180 grade C.
Spuit ‘n oondbak (± 20cm x 20cm) met kleefwerede sproei.
Verhit die olie in ‘n braaipan, en braai die wors vir 5 minute.
Voeg die preie, tiemie en knoffel by, en braai vir nog 5 minute.
Verwyder van die hitte en hou eenkant.
Giet die melk in ‘n kastrol en bring tot kookpunt.
Roer die polenta en sout by en prut vir 5 - 8 minute.
Roer gereeld met ‘n houtlepel.
Verwyder van die hitte, en roer die kaas by.
Laat dit effens afkoel, en voeg die brandsous en eiers by.
Roer die worsmengsel by, en skep in die oondbak.
Bak in die oond vir 20 minute.
Bedien warm met vars roketblare.