Tuesday 26 September 2017

Roomkaas "Pinweels"



Roomkaas "Pinweels"

1 pak blaardeeg - (puff pastry)
1 houertjie roomkaas (kamertemperatuur)
Russians, spek, kaasworsies, tuna, bully beef, maalvleis of selfs boerewors

Sny/kap jou vleis in klein stukkies (jy kan die velletjie afhaal van die wors en dit krummel)
Braai tot gaar (dreineer vet af en laat koud word)
Dit is nie nodig om die tuna of bully beef te braai as jy dit gebruik nie
Meng die roomkaas en vleis
Rol blaardeeg oop en rol effe uit
Smeer oor die deeg en rol weer op
Rol die rol toe met gladwrap en los in die yskas vir tenminste 30 minute, of gooi dit in die vrieskas vir 'n rukkie
Sny jou wiele en pak op 'n gespuite bakplaat
Bak by 180C vir 15/20 minute of tot gaar, opgepof en bruin