Thursday 21 September 2017

Snoek met ’n appelkoos-en-lemmetjiesalsa



Snoek met ’n appelkoos-en-lemmetjiesalsa
Jy benodig
VIR DIE SALSA:
...
• 1 koppie lemmetjie- of suurlemoensap, plus die gerasperde skil
• 1 wortel, fyngerasper
• 4 eetlepels appelkooskonfyt
• 3 sprietuie, fyngekap
• 2 knoffelhuisies, fyngekap
• 1-2 rooi rissies, sade verwyder en fyngekap
VIR DIE VIS:
• 1 middelslag-snoek
• 1 eetlepel olyfolie
• ½ koppie botter
• 1 teelepel sout

Só maak jy
1. Pols al die salsabestanddele in ’n voedselverwerker tot glad. Kook dit dan vir 5 minute op die stoof (of 2 minute in die mikrogolfoond op hoog). Die salsa moet effens soet wees en jy kan die hoeveelheid rissie na smaak aanpas.
2. Smeer die vis se vel met olyfolie om te verhoed dat dit aan die rooster vaskleef en spuit ook die binnekant van jou toeklaprooster met kleefwerende kossproei voordat jy die snoek daarop sit. Smeer ’n paar eetlepels salsa op die vleiskant van die snoek en braai die vis dan vir ongeveer 12 minute (velkant eerste na onder) oor matige kole. Sodra dit amper gaar is, kan jy dit vir ’n paar minute omdraai om seker te maak die vleiskant braai ook deurgaar.
3. Haal die snoek af, smeer die botter oor en besprinkel dit met sout. Sit die vis dadelik saam met die res van die salsa voor.
(Weg)