Thursday 21 September 2017

Roosterkoek



Roosterkoek
Genoeg vir: 15–20 roosterkoeke
• 5 x 250ml koekmeel
• 10 ml suiker...
• 5ml sout
• 1 pakkie (10 g) kitsgis
• 15 ml olie

• sowat 325 ml louwarm water
1. Meng die droë bestanddele, voeg die olie by die louwarm water en meng alles om ’n hanteerbare deeg te vorm.
2. Knie die deeg totdat dit glad en elasties is en nie meer aan jou hande kleef nie.
3. Plaas die deeg in ’n gesmeerde bak en bedek dit met ’n skoon vadoek. Laat staan dit vir sowat 15 minute op ’n warm plek om te rus totdat die deeg tot dubbel die volume gerys het.
4. Knie die deeg af en rol dit in balletjies. Druk die balletjies effens plat en sprinkel ’n bietjie meel oor elkeen.
5. Laat staan weer om tot dubbel die volume te rys – dit sal sowat 15–20 minute neem. Rooster oor stadige kole tot gaar en goudbruin.

VARIASIE Braai 2 gekapte uie in 2 eetlepels olyfolie tot sag. Voeg 2 eetlepels bruinsuiker by en roerbraai totdat dit gekaramelliseer is. Voeg 3 eetlepels balsemiekasyn by en laat prut dit tot geurig. Laat dit heeltemal afkoel. Knie dié gekaramelliseerde-uiemengsel by die deeg as jy dit afknie en voeg ook ’n halwe koppie gekrummelde fetakaas by. Eet dit saam met vye- of appelkooskonfyt en kaas. En maak dan nóg, want jou mense gaan nie kan ophou eet nie!
(Tuis)