Thursday 21 September 2017

Tunaviskoekies en slaai



Tunaviskoekies en slaai
Genoeg vir 4
Tunaviskoekies
...
• 2 middelslag-aartappels, geskil en gekook
• 2 blikkies tuna (saam 340 g), gedreineer
• 1 eier
• 3 ml gekapte grasuie
• meel
• olie vir vlakbraai
Slaai
• avokado
• bronkors
• sprietuie
• pangebraaide groen groente soos murgpampoentjies
Slaaisous
• 30 ml suurlemoensap
• 5 ml Dijon-mosterd
• 60–100 ml olyfolie
1 Druk die gaar aartappels fyn en geur met sout en peper. Roer die tuna, eier en grasuie by. Rol teelepels vol van die mengsel in bolletjies en rol dit in die meel. Braai die bolletjies in die olie tot goudbruin en gaar.
2 Klits die slaaisousbestanddele saam en geur met sout en swartpeper. Maak ’n groot, vars slaai en roer die sous daardeur. Rangskik die viskoekies bo-op en lê weg.