Tuesday 22 August 2017

Soetsuur-beesvleis



Soetsuur-beesvleis

Bestanddele

1 kg beesvleis, repies gesny
½ koppie meel
sout en peper
1 koppie tamatiesous
3 eetlepels bruinsuiker
1 koppie agurkies, gekap
knippie knoffelsout
¼ koppie asyn
1 teelepel sout
1 ½ teelepel tiemieblare
1 x 370 g blik pynappelstukke
1 wortel, gekap
2 soet groenrissies, gekap
Metode
Voeg die sout en peper by die meel, en rol die repiese vleis daarin.
Braai dit vinnig in 'n warm kastrol om die vleis te seël.
Voeg die res van die bestanddele, behalwe die pynappelstukke, wortel en rissie, by.
Voeg die sap van die pynappelstukke by.
Prut vir 15 minute.
Voeg die res van die bestanddele by.
Prut vir 'n verdere 15 minute.
Bedien op rys met slaai.