Tuesday 22 August 2017

Beeskerrie



Beeskerrie

Bestanddele

1 kg bees kortrib, in blokkies gesny
olie
2 uie, gekap
2 ml paprika
1 teelepel swartpeper
½ teelepel rooipeper
2 teelepels matige kerriepoeier
4 druppels Tabasco
1 teelepel sout
1 koppie warm vleisaftreksel
½ kg aartappels, in blokkies gesny
Metode
Braai die vleis in olie in 'n kastrol tot bruin.
Voeg die uie by en soteer.
Voeg die res van die bestanddele, behalwe die vleisaftreksel en aartappels, by.
Roer vir 5 minute.
Voeg die aftreksel by.
Prut stadig vir 1½ uur.
Voeg die aartappels by, en prut vir 'n verdere 30 minute.
Bedien met roti of naanbrood.