Tuesday 8 August 2017

Heerlike stampmielietert



'n Kalahari genot - Heerlike stampmielietert - RSG

Bestanddele

625 ml stampmielies, oornag geweek...
1 pak spek, gesnipper
2 uie, opgekap
1 pakkie sampioene, opgekap
1 koppie room
½ koppie slaaisous
½ koppie mayonnaise
80 g sampioen-soppoeier
½ koppie kaas, gerasper
sout

Metode

Kook die stampmielies tot gaar.
Braai die uie, spek en sampioene saam tot bruin.
Meng alles saam.
Plaas in oondbak.
Sprinkel die kaas bo-oor.
Bak vir 25 minute teen 180 grade.