Tuesday 8 August 2017

Die niks-bly-oor-pasta



Die niks-bly-oor-pasta - RSG

Bestanddele

1 pak spaghetti...
1 pak spek, gesnipper
6 Duitse worse, gesny
1 pak sampioene, opgekap
1 ui, opgekap
1 blikkie tamatie en uiesmoot
1 eetlepel worcestorsous
1 eetlepel blatjang
1 eetlepel tamatiesous
1 koppie gerasperde kaas

Metode

Kook die spaghetti tot gaar.
Braai die spek, ui, worsies en sampioene tot gaar.
Voeg tamaties by.
Roer dit goed deur.
Voeg die worcestersous, blatjang en tamatiesous by.
Meng die spaghetti by die sous in, voeg die kaas by, en roer goed deur.
Plaas in die mikrogolf vir twee minute sodat die kaas lekker kan smelt