Friday 4 August 2017

Dadelvierkantjies



Dadelvierkantjies
ongeveer 48 koekies

1 l (4 x 250 ml) suiker
187 ml (3/4 k) melk...
125 g (½ blok) botter
250 g (1 pakkie) dadels, fyn gekap
250 ml (1 k) klapper
60 ml (4 e) gouestroop
knypie sout
5 ml (1 t) vanielje
1 eier
625 ml (2½ k) pofrys (Rice Krispies)
500 ml (2 k) ekstra klapper
1. Plaas suiker, melk, botter en dadels in kastrol. Verhit tot kookpunt en roer gereeld.
2. Laat 10 min. kook. Roer dikwels.
3. Roer klapper, gouestroop, sout en vanielje by. Laat nog 5 min kook.
4. Verwyder kastrol van hitte en roer eier vinnig by. Roer pofrys by.
5. Druk mengsel in gesmeerde bak vas.
6. Plaas in yskas om te stol en sny in blokkies.
7. Rol blokkies in klapper en verpak soos verkies.